Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 15 DESEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

ERNSTIGE QRM OP 40 METERS

DIE BETHLEHEM 2 M BAKEN IS OP DIE LUG

en

DIE SARL VERTEENWOORDIG DIE IARU BY DIE ATU NOODKOMMUNIKASIE WERKSWINKEL

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE KANTOOR BY NARS GESLUIT VIR KERSFEES

Die kantoor by die Nasionale Amateurradiosentrum sluit op Vrydag 20 Desember vir die Kersvakansie. Die kantoor open weer op Maandag 6 Januarie 2020.

ERNSTIGE QRM OP 40 METERS

Europese en Suid-Amerikaanse radio amateurs berig dat hulle ernstige steurings van Russiese OTH Radar-stasies (Over-the-Horizon Radar-stasies) ondervind. Daar is melding gemaak van steurings op 7 064, 7 109, 7 170 en 7 190 kHz. Alle seine is 12 kHz breed. Verskeie Europese Verenigings het reeds klagtes na die Reguleerder in hul land gestuur. Die SARL benodig verslae van Suid-Afrikaanse radio amateurs voordat die SARL die indringers in die amateur bande by OKASA kan rapporteer vir toepaslike optrede.

Die inmenging is problematies soos in die ITU Konvensie, Hoofstuk VII, Spesiale Bepalings Vir Radio; Artikel 48 lui: "... Installasies vir Nasionale Verdedigings Dienste: Lidlande behou hul volle vryheid met betrekking tot militêre radio installasies!"

Dit is egter belangrik dat soveel as moontlik amateur radio verenigings klagtes aan hul plaaslike reguleerder stuur. Monitor 7 064, 7 109, 7 170 en 7 190 kHz en stuur jou waarnemings, dit wil sê datum, tyd, frekwensie en seinsterkte (S-meterlesing) na artoday@sarl.org.za. Help ons om ons frekwensies te beskerm.

BETHLEHEM 2 M BAKEN OP DIE LUG

Die Bethlehem 2 m baken waaroor daar voorheen berig is, is nou op die lug. 'n Toegewyde groep BHF-entoesiaste het die twee 8-element Yagi-antennas, verdeler en LMR-400-koaks op Saterdag 7 Desember 2019 op die mas van die Vrystaat Amateurradioklub in Bethlehem geïnstalleer. Nadat die koppeling op die kabel installeer is en die baken in posisie geplaas is, is alles aangeskakel en binne 30 sekondes is die eerste boodskap in die rigting van Johannesburg en Durban gestuur. Nie lank daarna het sein rapporte begin instroom S3 tot S5 in Pretoria en 3/1 in Edenvale. Kimberley en Bloemfontein, wat aan die agter kant van die antennas is was baie sag hoorbaar.

Die baken saai uit op 144,425 MHz GG, met 25 W in 'n paar 8 element Yagi-antennes. Die boodskap wat oorgedra word aan diegene wat nie GG magtige is nie is “CQ CQ ZS0BET ZS0BET BEACON KG41DS”

Uitstekende spanwerk van Rickus, ZS4A; Charl, ZS4ATZ; Wallie, ZS4LD; Daniel, ZS4DA; Stephan, ZS4SDL en Carl, ZS6CBQ wat die baken in Bethlehem geïnstalleer het. Luister na Amateur Radio Today vir meer inligting oor die installering van die baken. Die BHF-werkgroep gaan in die nuwe jaar werk daarvan maak om 'n 2 m baken vir die Noord-Karoo tot stand te bring.

DIE 2020 SARL BLOU BOEK EN DAGBOEK VAN GEBEURE

Die 2020 SARL Kompetisiehandleiding of Blouboek en die 2020 Dagboek van Gebeure is beskikbaar van die skakel ‘Contest’ and ‘Diary of Events’ onderskeidelik aan die linkerkant van die Liga-webwerf. Daar is nuwe kompetisies vir 2020 bygevoeg en die reëls van sekere kompetisies is verander. Kompetisie borge word weereens gevra om seker te maak dat die besonderhede van jou spesifieke kompetisie korrek is. Daar is ook 'n A3 grootte jaar kalender
beskikbaar.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE SARL VERTEENWOORDIG DIE IARU BY DIE ATU NOODKOMMUNIKASIE WERKSWINKEL

Tydens WRC-19 het die Afrika Telekommunikasie-unie (ATU) hulp van die IARU versoek om 'n spreker te voorsien vir die African Telecoms/ICT Day 2019 Gedenkwerkswinkel in Maputo, Mosambiek van 5 tot 7 Desember 2019. Die tema van die werkswinkel was "Gebruik Tegnologie om lewens te red: Noodkommunikasie vir die vermindering en bestuur van ramp risiko’s.” Die doel van die werkswinkel was om maniere te identifiseer waarop tegnologie gebruik kan word om toekomstige rampe soos Cyclone Idai en Kenneth, wat Mosambiek, Zimbabwe en Malawi vroeër die jaar getref het, te versag. Sommige van hierdie lande was tot tien dae lank sonder kommunikasie, wat 'n groot ramp is.

Brian Jacobs, ZS6YZ en Leon Lessing, ZS6LMG het twee aanbiedings by die werkswinkel aangebied. Hierdie aanbiedings is voorberei onder leiding van Don Beattie, G3BJ, die IARU-streek 1-president en Hans Welens, ON6WQ, die voorsitter van die Streek 1 STARS Werkgroep. Brian, ZS6YZ het die eerste aanbieding gedoen wat bespreek wat amateur radio is, die rol en waarde van amateur radio in 'n noodgeval waar alle ander kommunikasiestelsels gefaal het. Hierdie aanbieding is so goed ontvang dat die Mosambiekse Reguleerder oornag kontak gemaak met die nie-funksionerende Mosambiekse Amateur Radio Liga (LREM) en sal nou LREM help om weer 'n aktiewe organisasie te word en om die Republiek van Mosambiek te help met noodkommunikasie.

Leon, ZS6LMG het die IARU se Ondersteuning aan die Amateur Radio Diens (STARS) program bekendgestel om die ATU-lidlande te help met die reinisiëring van amateur radio of die bekendstelling van amateur radio in hul onderskeie lande. Dit is weereens goed ontvang en na afloop van die aanbieding het die Oegandese afvaardiging inligting aangaande hul lid vereniging versoek om kontak met hulle te maak en te verseker dat amateur radio sy regmatige plek inneem in die Ugandese noodkommunikasie planne. Die Sierra Leone-parlementslid wat die afvaardiging gelei het, het ook inligting oor hul amateur radio vereniging versoek, aangesien hulle die waarde wat amateur radio die land bied in noodsituasies sien.

Die werkswinkel het gelei tot 'n strategie dokument met definitiewe doelwitte, uitkomste en tydlyne vir die ATU en die lidstate om samewerkende en geharmoniseerde kommunikasie-oplossings te ontwikkel wat alle vorme van telekommunikasie in alle Afrika-streke insluit. Die bydrae van die IARU, SARL en SARL Hamnet-span is baie goed ontvang en het die ATU-lidlande 'n nuwe positiewe perspektief op amateur radio en hul rol in noodkommunikasie en inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) gegee.

DIE 30 METER VOORTPLANTINGSSTUDIES

Die IARU Streek Een 30 MHz-bandplan laat 'n segment vir ESB toe van 10 120 tot 10 140 kHz gedurende dagligure in gebiede suid van die ewenaar, terwyl geen bulletins toegelaat word nie. Met die voortplantings toestande wat heers op die 30 meterband, sou dit in Suider-Afrika van belang wees om toelaat dat SARL Nuus en Amateur Radio Today op 10 MHz uitgesaai word. Die SARL IARU-Werkgroep het 'n voortplantingsstudie met Ean Retief, ZS1PR, begin. Alle radio amateurs wat die 10 MHz-band gebruik, word uitgenooi om hul menings en ervaring te deel. Stuur 'n e-pos na artoday@sarl.org.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Tot middernag UTC vanaand - die ARRL 10 m kompetisie
16 Desember – Versoeningsdag
22 Desember – Somersonstilstand
23 Desember – die Ursids meteoriete
25 Desember – Kersdag
26 Desember - Familiedag
31 Desember – die einde van die 2019 CQ DX Marathon en die YOTA maand
1 Januarie – Nuwejaarsdag, die begin van die 2020 CQ DX Marathon en die Suider-Afrikaanse Parke-op-die-Lug program en laai die 2020 Blouboek af
4 Januarie - die ARRL Kinderdag
4 en 5 Januarie - die ARRL RTD Byeenkoms

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Europese en Suid-Amerikaanse radio amateurs berig dat hulle ernstige steurings van Russiese OTH Radar-stasies (Over-the-Horizon Radar-stasies) ondervind. Daar is melding gemaak van steurings op 7 064, 7 109, 7 170 en 7 190 kHz. Alle seine is 12 kHz breed. Verskeie Europese Verenigings het reeds klagtes na die Reguleerder in hul land gestuur. Die SARL benodig verslae van Suid-Afrikaanse radio amateurs voordat die SARL die indringers in die amateur bande by OKASA kan rapporteer vir toepaslike optrede.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003